![](https://static.wixstatic.com/media/1fc0ad_84e6c5aa73454bfcb14b8a9f09be76cd.jpg/v1/fill/w_726,h_805,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/1fc0ad_84e6c5aa73454bfcb14b8a9f09be76cd.jpg)
Peet is gebore in Bloemfontein en getroud met Dottie. Die Here seën hulle met vier pragtige kinders en agt kleinkinders.
In 1994 ervaar Peet die teenwoordigheid van God as ‘n werklikheid in sy lewe, en vandaar, met die aanmoediging van sy vrou Dottie, het sy bediening begin.
Hy neem twee laserskywe in sy eie ateljee op naamlik “Gebed van ‘n Bejaarde”(2004) en “My Liefdesbrief aan Jesus”(2005), en verower eerste plek op Overvaal Stereo se geestelike treffers 2004 met die lied “Gebed van ‘n Bejaarde”
In 2004 – 2005 word hy die beskermheer vir die Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom, en saam met Stella Koning stig hulle die Akriel Meisiekoor (20 dogters). Hulle tree by verskillende gemeentes op en die Here “bless” hulle uit hul skoene!! Peet bedien inter-kerklik en veral vir bejaardes.(“Die Silwer Jeug”)
Sy laserskywe het ook al op verskeie ander radio stasies gespeel, en in 2006 verower hy weer die eerste plek met “Gebed van ‘n Bejaarde” op radio Kragbron Witbank se geestelike treffers.
Sy nuwe laserskyf “Seëninge uit U hand” is in 2012 vrygestel, met tien oorspronklike liedjies, wat deur Angel Music Productions van Ventersdorp opgeneem is. Peet se gebed is dat die woorde wat hy daarop sing nuwe krag sal bring vir almal wat hartseer en verlore is.
“Ek en my huisgesin, ons sal die Here dien!” Prys U wonderlike naam Here!
Singende groete
Peet was born in Bloemfontein and married Dottie. God bless them with four beautiful children and eight grandchildren.
In 1994 Peet experience the presence of God as a reality in his life, and hence, with the encouragement of his wife Dottie, began his ministry.
He has recorded two gospel albums in his own studio namely "Gebed van ‘n Bejaarde" (2004) and "My liefdesbrief aan Jesus" (2005), and won first place on Overvaal Stereo spiritual hits 2004 with the song "Gebed van ‘n Bejaarde "
In 2004 - 2005 he was the patron for the Abraham Kriel Children's Home in Potchefstroom, and with Stella King they founded the Abraham Kriel Girls Choir (20 girls). They have performed in different churches and God has blessed them out of their shoes! Peet's ministry is inter- ecclesial, especially for the elderly. ("The Silver Youth")
His CDs have also played at several other radio stations, and he won again in 2006 with "Gebed van ‘n Bejaarde" on Radio Kragbron Witbank spiritual hits.
His new CD "Seeninge uit U hand" has been released, with ten original songs, recorded by Angel Music Productions of Ventersdorp. Peet's prayer is that the words which he sings on this album will bring all that are sad and lost new hope.
"Me and my family, we will serve the Lord!" Praise your wonderful name Lord!
Singing greetings